Northmec Videos

Landbouweekliks | Storti voermenger | SoilXplorer

Marcel du Plessis & Ruhan Bronkhorst

Die nuwe Soil-Xplorer reeks, onlangs bekendgestel by Nampo 2019, neem presisieboerdery na ‘n nuwe vlak.

Die SoilXplorer, wat aan ‘n trekker se neus gemonteer word, het ‘n kontakvrye sensor wat elektromagnetisme gebruik om grondtipe en -diepte op vier verskillende vlakke te meet, naamlik; 0-25 cm, 15-60 cm, 55-95 cm en 85-115 cm.

Hierdie eenheid kan die grond se heterogeniteit meet en grondtipes karteer. Dit kan ook die relatiewe waterinhoud in die grond waarneem en op die kaart bêre. Dit verskaf ook inligting van verskillende dieptes van grondverdigting sodat wisselende bewerking van die grond volgens die gronddiepte kan plaasvind.

Elke boer se voerbehoeftes verskil. Daarom bied Storti vertikale sowel as albei tipes horisontale voermengers, plus die versekering van topgehalte verrigting.

Meganisasiebestuur het ‘n groot invloed op winsmarges en is daarom ‘n sleutelfaktor in kommersiële boerderybeplanning.

By Northmec het ons hoogs opgeleide spesialiste wat jou kan bystaan met sinvolle meganisasiebestuur – van kleiner toerusting tot alles wat benodig word vir presisieboerdery.

Landbouweekliks | CASE IH Magnum | Maschio Gaspardo Dracula

Arno du Plessis & Jacques du Plessis

Northmec Implemente se Maschio Gaspardo Dracula-reeks word ingevoer vanaf Italië en is ‘n kombinasiemasjien wat 3 bewerkings in 1 doen danksy ‘n kombinasie van snyskottels, ‘n tandimplement, en agterrollers.

Die Magnum trekkerreeks, gevestig as die nommer-een keuse vir grootskaalse kommersiële boere en landboukontrakteurs vir die afgelope 28 jaar. Die Magnum 380 model wat toegerus is met ‘n 280 Kw enjin en ‘n CVT ratkas. Dié masjien maak dit ook maklik vir boere om groot planters en groot motors aan te dryf.

Landbouweekliks | FarmXtend & Jacto-reeks

Pieter Olivier & JP Adlem

Northmec het hul nuwe AgXtend-reeks by Nampo 2019 bekendgestel.

Die AgXtend-reeks neem presisieboerdery na ‘n hoër vlak en help die moderne boer om makliker en vinniger besluite te neem.

Een van die produklyne binne die reeks is die FarmXtend-reeks. FarmXtend veldsensors maak dit moontlik vir die boer om lewendige data soos byvoorbeeld grondvogtigheid en grondtemperatuur voorspellings op sy selfoon te ontvang d.m.v ‘n draadlose verbinding.

Die nuwe generasie in spuittegnologie.

Met spuittoerusting is akkuraatheid alles. En met Jacto is jy verseker van die soort raakvat gehalte wat hierdie puik reeks toerusting ’n wêreldleier gemaak het. Ons Uniport-reeks neem spuittegnologie tot nuwe hoogtes en voldoen aan die mees veeleisende behoeftes.

Landbouweekliks | CASE IH Quadtrac-reeks & Ecolo Tiger

Arno Du Plessis

Die CASE IH Quadtrac 450 model met 335 KW enjin is die nuutste toevoeging tot die Steiger trekkerreeks. Dié reeks is standaard toegerus met ‘n 16 spoed vol kragskyf-ratkas asook “auto pilot” sisteem, wat ons noem die AFS sisteem. Wat dié masjien anders maak, is sy hidroliese pompe. 

Die Ecolo-Tiger 870 model is een van 3 implementreekse wat Northmec verskaf uit die CASE IH-reeks. Dié implement is ‘n kombinasiemasjien, wat beteken dat daar skottels aan die voorkant is, tande in die middel, toemaakskottels aan die agterkant en ‘n roller heel agter. 

Kyk die video vir meer inligting.

Landbouweekliks | CASE IH Patriot Spuitreeks

Jaco Prinsloo

Jaco Prinsloo vertel meer oor die Case IH Patriot spuitereeks in dié insetsel. Kyk gerus die video om meer te leer van hierdie reeks.

Landbouweekliks | Maxxum 125 & Turbotill 335

Schalk Oosthuizen & Arno du Plessis

Hier verduidelik Schalk vir ons meer oor die CASE IH Maxxum 125 trekkerreeks en Arno vertel ons meer oor die Case IH Turbotill. Kyk hier.

Landbouweekliks | CASE IH JX Farmall 110 & Sitrex SR500

Schalk Oosthuizen & Shaun van Jaarsveld

Hier vertel Schalk ons meer oor die JX Farmall 110 & Shaun van Jaarsveld verduidelik meer oor Northmec Implemente se Sitrex SR500 kraghark.

Landbouweekliks | CASE IH JX75T & Sitrex

Schalk Oosthuizen & Shaun van Jaarsveld

Hier verduidelik Schalk ons meer oor die JX75T en Shaun vertel meer oor die Sitrex hark.

Landbouweekliks | Puma Trekker-reeks & Welger Baler

Arno du Plessis & Marcel du Plessis

Arno vertel ons van die Case IH Puma trekker-reeks en Marcel wys ons meer van die RP 160 Welger Baler.

Landbouweekliks | Maxxum 125 & Gaspardo Primo

Schalk Oosthuizen & Jacques du Plessis

Schalk vertel ons meer oor die Maxxum 125 trekkerreeks en Jacques wys ons meer van die Gaspardo Primo implement.

NAMPO 2018 | CASE IH Patriot 250 Extreme

Arno du Plessis

Arno du Plessis vertel meer oor die CASE IH Patriotreeks by NAMPO 2018.

Landbouweekliks | Case IH Stroper

Kobus Olwagen

Kobus Olwagen vertel meer oor die Case IH 6140 stroper op Landbouweekliks.

Landbouweekliks | SPX Spuitreeks

Arno du Plessis

Arno vertel meer oor die Case IH SPX spuitreeks. Kyk hier.

Landbouweekliks | Magnum & Baldan Reeks

Arno du Plessis & Marcel du Plessis

Arno du Plessis (Nasionale Verkoopsbestuurder, Case IH Northmec) en Marcel du Plessis (Nasionale Verkoopsbestuurder, Northmec Implements) vertel meer oor die Case IH Magnum 340 trekker reeks asook die Baldan primêre bewerkingmasjien wat die perfekte kombinasie is agter diè trekker. Kyk hier om meer te hoor.

Ontbytsake | Nasionale Handelaarsnetwerk Onderhoud

Willie van der Schyf

Willie van der Schyf, Groothandelbestuurder – Northmec, gesels met Dawie oor Northmec se handelaarsnetwerk en geleenthede wat beskikbaar is vir besighede om deel te kan vorm van hierdie netwerk. Willie gesels ook oor wie Northmec is en brei ook verder uit oor Northmec se landboutoerusting-reekse asook die nuwe Case IH planter wat by die Cairo boeredag bekendgestel is. Kyk hier vir meer inligting.

Ontbytsake | NAMPO 2018

Arno du Plessis & Marcel du Plessis

Arno & Marcel gesels met Dawie oor NAMPO 2018 en wat boere kan verwag by die Northmec standplaas.

NAMPO 2018 | CASE IH Patriot 250 Extreme

Arno du Plessis

Arno du Plessis vertel meer oor die CASE IH Patriotreeks by NAMPO 2018.

CASE IH | Helping Farmers Farm Sustainably.

CASE IH

With CASE IH, you can be proud. Proud to be the best. The best farmer. The best provider. The best nurturer. You can bring the best future to everyone who depends on you.