Doeltreffende krag vir winsgewende boerdery
Puma® het ’n uitstekende reputasie wat trekkergehalte betref. Hierdie trekkers word in Engeland vervaardig. Danksy beproefde semi- en volle kragratwisseling-, CVT-deurlopende transmissie en die nuutste FPT-enjintegnologie behou die Puma dieselfde hoë standaarde as sy voorgangers.
Met vyf modelle van 104 kW tot 167 kW voorsien die reeks Pumatrekkers in die behoeftes van elke boer. Hierdie trekkers kan die veeleisendste toepassings in die saaiboerdery, boubedryf en veeboerdery deurstaan.
Met die Case IH Multicontroller armleuning-en-stuurstok plaas Puma Multicontroller-modelle alle belangrike funksies aan die bestuurder se regterkant. Kragratwisseling en vorentoe- en truskakeling, asook die werking van die hidrouliese koppelinge en die driepunt word via die Multicontroller-knoppies beheer.
Elders op die armleuning is funksies soos enjinspoed en elektries-hidrouliese beheer binne maklike bereik. Dit is vinnig en maklik toeganklik via die armleuning en Multicontroller wat sinvol uitgelê is vir maklike werking.
’n Onoortreflike siglyn, ergonomiese bedieningspanele en bestuurdervriendelike kenmerke beklemtoon die nuwe Puma-trekkerkajuit. Hierdie topklaskajuit is ontwerp met die gemak van die bestuurder en produktiwiteit in gedagte, en beskik oor ’n uitsig van 360º met glas van 5,87 m2, waaronder die opsionele kajuitdakvenster met ’n onbelemmerde uitsig in alle rigtings.
Danksy bogenoemde kenmerke is lang dae op die land minder spannend. Daarby is noodsaaklike funksies in die sitplekleuning geïntegreer vir onmiddellike toegang, waaronder ’n opsionele geïntegreerde elektro-hidrouliese stuurstok vir ergonomiese laaigraafbeheer. Die instrumentegroep by die regter-A-pilaar hou belangrike inligting binne die gebruiker se siglyn vir minder ontwrigting.
Vering is by alle modelle beskikbaar, wat die gemak van die rit verbeter en terselfdertyd meer beheer bied. Dit bied beweging van 105 mm. Vering word beheer deur middel van ’n gevorderde akkumulator en terugkoppelende (regeneratiewe) klepstelsel vir ’n gladder rit. Dit het ook outomatiese selfnivellering (self-levelling) volgens die betrokke vrag.
EENVOUD IN WERKING
Case IH het die afgelope 178 jaar die revolusie in landboumeganisasie gelei met die doel om sy klante se produktiwiteit en doeltreffendheid te verhoog.
Case IH is steeds een van die leiers van hierdie revolusie met grensverskuiwende CVT-transmissietegnologie wat beskikbaar is by Puma se 180- en 225-model. Case IH het sy eerste CVT-trekker in 1999 bekend gestel. Hierdie funksie, wat die enjin en die transmissie outomaties bestuur, het gelei tot die ontwikkeling van deurlopende transmissies (CVT) in Europa.
Die ontwikkeling van die Puma CVT het die afgelope vyf jaar plaasgevind met die insette van sy handelaars en meer as 500 gerekende boere en kontrakteurs wêreldwyd wat tegnologies die toon aangee.
Dit help Case IH om die belangrikste kenmerke van die Puma CVT te definieer. Die resultaat is ’n tweedegeslag-CVT-trekker wat baat vind by bewese komponente en opgegradeer is met die nuutste tegnologie om die beste produktiwiteit, doeltreffendheid en rygerief in sy klas te bereik.
KOPPELINGE
Die hidrouliese stelsel word aangedryf deur ’n suierpomp met veranderlike verplasing wat tot 150 liter per minuut by trekkers met volle kragratwisseling lewer en tot 170 liter per minuut by CVT-weergawes.
Tot vier meganiese standaardof vyf elektroniese koppelinge is beskikbaar. Tot 10 460 kg kan opgetel word deur die driepunt, wat die boer maklik met net ’n vingerpunt kan beheer met die multibeheerder – selfs buite die kajuit danksy die knoppies op die regter modderskerm.
GLADDE OORSKAKELING
Die Puma het ’n transmissie en aftakker wat ontwerp is om die buitengewone enjinkraglewering maklik aan te pas.
Die Puma 140-210 is beskikbaar met ’n 18 x 6-transmissie (40 km/h) of ’n opsionele 19 x 6-transmissie van 40 km/h teen ’n laer enjinspoed (sowat 1 700 r/min.).
CVT is opsioneel by die Puma 180 en 210, maar standaard by die vlagskipmodel, die 225. Die Puma 140-210 is standaard toegerus met ’n aftakkerspoed van 540 r/min. (E) of 1 000 r/min. Die Puma 225 CVT het ’n aftakkerspoed van 1 000 r/min. (standaard en E). Vir spesiale toepassings kan dit opgegradeer word na ’n vierspoed-aftak ker – 540 r/min. (asook E) of 1 000 r/min. (asook E). Hierdie opsie is ook beskikbaar by die Puma 180 CVT en Puma 210.
Aandrywing is regstreeks vanaf die enjin se vliegwiel vir maksimum doeltreffendheid. Indien nodig, is ’n aftakker van 1 000 r/min. vooraan die neus beskikbaar vir ekstra veelsydigheid.